Genoeg vir 6 mense

Bereiding: 15 minute

Gaarmaaktyd: 30 minute

2 patats, in wiggies gesny (met skil aan)

30 ml (2 e) olie

5 ml (1 t) gemengde kruie

VIS

60 ml (¼ k) meel

2 eiers

100 g broodkrummels

2 ml (½ t) paprika

skil van 1 suurlemoen

4 stokvisfilette, in skywe gesny

sout en peper

60 ml (¼ k) olie

ERTJIES

200 g ertjies

15 ml (1 e) room

5 ml (1 t) gekapte vars kruisement

1.    Voorverhit die oond tot 200 °C.

2.    Plaas die aartappels op ’n bakplaat, bedruip met olie, bestrooi met gemengde kruie en meng tot oraloor bedek.

3.    Bak 30 minute in die oond en roer tydens die gaarmaaktyd.

4.    Vis: Plaas die meel op ’n bord. Klits die eiers in ’n vlak bak. Meng die broodkrummels, paprika en suurlemoenskil op ’n ander bord.

5.    Geur die vis met sout en peper. Rol die vis in die meel, doop dit in die eier, en rol dit dan in die broodkrummelmengsel tot goed bedek.

6.    Verhit die olie in ’n pan. Voeg die vis by en bak 3 minute weerskante. Skep die vis met ’n gaatjieslepel uit die pan en sit eenkant op papierhanddoeke. Herhaal met die oorblywende vis.

7.    Ertjies: Kook die ertjies 5 minute, dreineer en druk fyn met ’n vurk. Roer die room en kruisement in.

8.    Sit die vis saam met die patatwiggies en ertjies voor.

- Carmen Hendricks