Genoeg vir 6 mense

Bereiding: 15 min.

Gaarmaak: 30 min.

750 ml (3 k) water

500 ml (2 k) hoenderaftreksel

30 ml (2 e) olyfolie

½ ui, fyn gekap

5 knoffelhuisies, fyn gekap

500 ml (2 k) arborio-rys

125 ml (½ k) witwyn

skil van 1 suurlemoen

300 g stokvisfilet, in blokkies gesny

’n hand vol vars pietersielie, fyn gekap

60 ml (¼ k) gerasperde parmesankaas

30 ml (2 e) vars suurlemoensap

sout en peper

  1. Verhit die water en aftreksel in ’n groot pot tot amper kookpunt.
  2. Verhit die olie in ’n groot pan oor matige hitte. Voeg die ui by en braai 2 minute of tot deurskynend. Voeg die knoffel en rys by en roer 1 minuut terwyl jy seker maak die rys is met die olie bedek. Voeg die wyn by en roer aanhoudend tot verdamp.
  3. Roer die suurlemoenskil en 250 ml (1 k) warm aftreksel in die rysmengsel. Kook terwyl jy gereeld roer tot al die vloeistof geabsorbeer is. Hou aan om 1 koppie aftreksel op ’n slag by te voeg tot elke byvoeging heeltemal geabsorbeer is.
  4. Wanneer die aftreksel alles bygevoeg is, voeg die stokvis by en hou aan kook 10 minute of tot die rys gaar is, maar steeds ferm.
  5. Verwyder die pan van die hitte en roer die pietersielie, parmesankaas en suurlemoensap in. Geur met die sout en peper.

Deur Hope Malau