Bereiding: 10 minute

Gaarmaaktyd: 45 minute

Genoeg vir 6 mense

 Groente

700 g jong aartappels

350 g klein uie, geskil

45 ml (3 e) botter

3 knoffelhuisies, fyngedruk

15 ml (1 e) suurlemoensap ?50 g suiker-ertjies

250 g kersietamaties

80 ml (? k) suurroom

Vis

6 stokvisfilette

meel gegeur met sout en peper, vir bestrooi

30 ml (2 e) botter

Groente

Plaas die aartappels in ’n pot koue water, bring tot kookpunt en kook 20 minute.

Voeg die uie vir die laaste 10 minute kooktyd by. Smelt die botter en meng met knoffel en suurlemoensap.

Sit eenkant.

Vis

Bestrooi die stokvis liggies met die gegeurde meel.

Verhit die botter in ’n groot pan.

Sit die vis met die velkant na bo in die pan en bak 3 minute weerskante oor medium hitte.

Verwyder die pan van die hitte en laat die vis 2 minute verder bak van die warmte van die pan.

Sit die botter in ’n ander pan oor hoë hitte en braai die suiker-ertjies tot sag en die tamaties en uie tot deurwarm.

Geur en roer dit by die aartappels in.

Skep die groente op borde en bedruip dit met ’n bietjie knoffelbottermengsel en suurroom.

Plaas die vis bo-op en sit voor.

- Hope Malau