Genoeg vir 3-4 mense

Bereiding: 15 minute

Gaarmaaktyd: 15 minute

15 ml (1 e) olie

1 groot ui, fyngekap

3 kerrieblare

1 groen brandrissie, gekap

15 ml (1 e) fyngedrukte knoffel en gemmer

30-45 ml (2-3 e) gemengde masala

5 ml (1 t) borrie

5 ml (1 t) sout

6 konfyttamaties, geskil en

fyngekap OF 1 blik (410 g)

gekapte tamaties

500 g steurgarnale, skoongemaak

vars koljanderblare

  1. Verhit die olie en braai die ui saam met die kerrieblare en brandrissie tot goudbruin. Voeg die knoffel en gemmer by en roerbraai.
  2. Voeg die masala, borrie, sout en tamaties by en laat ’n paar minute prut tot geurig.
  3. Voeg die garnale by en laat nog 5-7 minute prut tot dit net gaar is, die doppe pienk is en die vleis wit is pleks van glaserig. Pas op vir te lank gaarmaak.
  4. Sprinkel die vars koljanderblare oor en sit voor met basmatirys en suurlemoenskywe.