Genoeg vir 4 mense

Bereiding: 20 minute

Gaarmaaktyd: ongeveer 1 uur

TJIPS

6 groot aartappels

sout en peper

olyfolie

VIS

1 kg stokvis, in stukke gesny

sout en vars gemaalde swartpeper

80-100 ml mielieblom

250 ml (1 k) bruismeel

5 ml (1 t) sout

5 ml (1 t) kerriepoeier

250 ml (1 k) bier

olie vir diepvetbraai

TARTAARSE SOUS

100 ml mayonnaise

2 agurkies, fyn gekap

1 klein ui, fyn gekap

sout en vars gemaalde swartpeper

10 ml (2 t) gekapte kruie (pietersielie, tiemie, koljander)

1 TJIPS

Voorverhit die oond tot 220 °C. Skil die aartappels en sny in wiggies. Rangskik in ’n oondbak en geur met sout en peper. Bedruip met olyfolie. Sit in die oond en bak 45 minute of tot bros en gaar.

2 VIS

Geur die vis met sout en peper en bedek dit met mielieblom. Skud die orige mielieblom af en hou eenkant.

Sif die bruismeel, sout en Kerrie en meng die bier deur die meel. Meng met ’n houtlepel tot ’n loperige beslag vorm.

Verhit die olie in ’n diep kastrol en doop die vis in die beslag. Sit die bedekte visfilette versigtig in die verhitte olie en bak tot goudbruin en gaar. Dreineer die vis op kombuispapier.

3 TARTAARSE SOUS

Meng al die bestanddele vir die Tartaarse sous en sit voor saam met die vis en tuisgemaakte skyfies.

Volg Huisgenoot op Twitter.