Lewer 5-6 rolletjies

Bereiding: 15 min.

Baktyd: 2 min. per tortilla

TORTILLAS

200 g spinasie, gaar

gestoom en vloeistof

goed uitgedruk

60 ml (¼ k) koekmeel

of klappermeel (maak klapper fyn in ’n voedselverwerker)

5 ml (1 t) bakpoeier

2 ml (½ t) neutmuskaat

30 ml (2 e) gekapte grasuie

sout en peper

4 eiers, geskei

’n klontjie botter

VULSEL

helfte van ’n 230 ghouer geroomde maaskaas

45 ml (3 e) koljanderpesto

2 wortels en 1 komkommer, in julienne-repies gesny

150 g gerookte makriel, in rafels gebreek

1 avokado, in skyfies gesny suurlemoenskyfies vir voorsit

  1. Tortillas Plaas die spinasie, meel, bakpoeier, neutmuskaat, grasuie en sout en peper in ’n voedselverwerker en verwerk tot glad. Voeg die eiergele by en klits goed.
  2. Klits die eierwitte in ’n aparte bak tot styf. Vou by die spinasiemengsel in.
  3. Verhit die botter in ’n kleefvrye pannekoekpan. Skep sowat 60 ml (¼ k) van die mengsel in en smeer gelyk in die pan. Bak tot gaar aan die onderkant en tot dit nie meer aan die pan vaskleef nie, draai versigtig om en bak tot gaar aan die ander kant. Herhaal met die res van die mengsel.
  4. Vulsel Meng die maaskaas en pesto. Smeer ’n lagie daarvan liggies oor elke tortilla. Pak die wortel en komkommer, makriel en avokado op. Rol styf op. Sny in dik skywe en sit voor met die suurlemoenskyfies.