KOEKIES

2 x 170 g-blikke tunastukke

4 aartappels, geskil, gekook en fyngedruk

1 rooi soetrissie, in blokkies gesny

4 stingeluie, gekap

60 ml (¼ k) soet brandrissiesous

sout en peper

45 ml (3 e) meel

KRUMMEL

250 ml (1 k) koekmeel

2 eiers, geklits

250 ml (1 k) broodkrummels

  1. Koekies Meng al die bestanddele; vorm koekies.
  2. Krummel Doop hulle in die meel, dan die eier, dan die krummels. Verkoel minstens ’n halfuur.
  3. Vlakbraai, dreineer op kombuispapier en sit voor saam met kapokaartappel en soetbrandrissiesous.