Bereiding: 20 min.

Gaarmaak: 40-60 min.

KAASKORS

500 ml (2 k) koekmeel

7 ml (1½ t) mosterdpoeier

’n knippie rooipeper

sout

200 g botter

100 g sterk cheddar, gerasper

1 eier, geklits

VULSEL

6-8 swart olywe, ontpit (opsioneel)

600 g gerookte snoek, gepluis

100 g gerasperde

cheddar of 2 wiele feta

30 ml (2 e) grasuie, gekap

250 ml (1 k) volroommelk of helfte room

3 eiers

sout en peper

10 ml (2 t) heelkorrelmosterd

gerasperde skil van

1 suurlemoen

Voorverhit die oond tot 200 °C.

  1. Kaaskors Meng alles in ’n voedselverwerker tot ’n deeg, rol in ’n rol, sny in skyfies en voer ’n groot broodpan
  2. of twee klein panne daarmee uit. Voer uit met bakpapier, vul met bone en bak blind sowat 10 min. of tot gaar, maar nie bruin nie. Verwyder die papier en bone.
  3. Vulsel Pak die olywe, snoek en kaas in die kors. Sprinkel die grasuie oor.
  4. Klits die melk en eiers saam, geur met die sout en peper, mosterd en suurlemoenskil en giet oor die vulsel. Bak sowat 40-60 min.
  5. of tot gestol. Sny in skywe en sit louwarm voor.