Genoeg vir 6-8 mense

Bereiding: 10 minute

Gaarmaaktyd: 45 minute

30 ml (2 e) botter

60 ml (¼ k) koekmeel

500 ml (2 k) melk

sout en peper na smaak

4 eiers, geklits

10 ml (2 t) worcestersous

knippie rooipeper

1 ui, gekap

500 ml (2 k) gerookte snoek, gevlok

2 ml (½ t) mosterdpoeier

10 ml (2 t) gekapte pietersielie

250 ml (1 k) gerasperde cheddarkaas

1 ml (¼ t) neutmuskaat

  • Voorverhit die oond tot 180 °C.
  • Smeer ’n oondbak met botter.

  1. Maak ’n witsous van die botter, meel en melk. Geur met sout en peper. Voeg die eiers by en klits goed.
  2. Meng die res van die bestanddele by die witsousmengsel.
  3. Giet die mengsel in die voorbereide oondbak en bak 40-45 minute of tot stewig.
  4. Sny in skywe en sit voor saam met slaai en suurlemoenskyfies.