Vir vier mense

30 ml (2 e) botter

1 ui, in skywe gesny

1,25 l (5 k) visaftreksel

375 ml (1½ k) arboriorys

300 g gevlokte, gerookte snoek

sap en skil van ’n suurlemoen

30 ml (2 e) pecorinokaas

sout en peper

  1. Verhit die botter en braai die ui tot geurig.
  2. Verhit intussen die aftreksel.
  3. Roer die rys deur die botter en uie.
  4. Voeg die warm aftreksel ’n bietjie op ’n slag by die rys; roer elke keer tot dit geabsorbeer is voor jy nog byvoeg.
  5. Wanneer die meeste van die aftreksel geabsorbeer is, voeg die snoek en suurlemoensap en skil by.
  6. Roer die kaas deur, geur met sout en peper, garneer met pietersielie en suurlemoenwiggies en sit dadelik voor.