Bereiding: 5 minute

Gaarmaaktyd: 1 uur 10 minute

Genoeg vir 6 mense

500 ml (2 k) suiker

1 L (4 k) water

2 kaneelstokke

300 g droë appelkose

1 kg snoek of stokvis

sout en peper na smaak

45 ml (3 e) botter, gesmelt

aartappelskyfies vir opdiening

Plaas die suiker, water en kaneelstokke in ’n pot.

Kook oor lae hitte tot die suiker opgelos het.

Voeg die appelkose by en kook 1 uur oor lae hitte of tot sag en klewerig.

Voorverhit die oondrooster.

Geur die snoek goed met sout en peper, verf met botter en rooster dit 10 minute of tot gaar terwyl jy dit gereeld met die appelkoosglans bedruip.

Sit die snoek warm voor met die appelkose en aartappelskyfies.

- Hope Malau

Foto: David Briers