Hierdie resep is uit Herman Lensing se kookboek, Nog 'n VOORSKOOT.

45 ml botter

1 ui, fyngekap

2 knoffelhuisies, fyngekap

2 x 200 g-pakkies gerookte snoek, fyngevlok

1 hand vol koljander, fyngekap

45 ml korrelmosterd

2 rooi brandrissies, fyngekap

240 g (250 ml) soetpatats, gaargekook en fyngedruk

140 g (250 ml)

koekmeel

2 eiers

sout en varsgemaalde swartpeper

broodkrummels vir ’n broslagie

60 ml olyfolie

  1. Verwarm die botter in ’n middelslagpot. Voeg die ui en knoffel by en braai sowat 5 minute liggies of tot dit begin verkleur. Voeg die snoek saam met die koljander, mosterd, brandrissies, patats, meel en eiers by. Geur met sout en peper en meng goed saam.
  2. Vorm koekies
  3. van sowat 100 g elk, doop dit in broodkrummels en druk stewig vas.
  4. Verwarm die olyfolie in ’n groot braaipan en braai die koekies 5–8 minute per kant of tot goudbruin en bros.
  5. Sit voor met mayonnaise en ’n slaai van jou keuse.

Die waterinhoud verskil van patat tot patat, so wanneer jy die mengsel aanmaak, kan dit nodig wees om ekstra meel of eier by te voeg sodat jy koekies daarvan kan vorm. Dit sal geen verskil aan die eindresultaat maak nie.