6 aartappels, in skywe gesny

300 g gerookte snoek,

ontgraat en gevlok

6 stingeluie, gekap

1 pakkie (60 g) wituiesop

375 ml (1½ k) room

vars gemaalde swartpeper

Voorverhit die oond tot 180 °C.

  1. Pak die aartappels, snoek en stingeluie in ’n oondvaste bak.
  2. Klits die res van die bestanddele saam en giet oor die aartappelmengsel.
  3. Bedek met foelie en bak 35 minute of tot die aartappels gaar is. Verwyder die foelie en verbruin onder die element.

Wenk

Pleks van uiesop kan jy pesto by die room inmeng.