Genoeg vir 6 mense

Bereiding: 15 min.

Gaarmaak: 15 min.

320 g penne

130 g effens gerookte snoek

olyfolie

1 ui, in skywe gesny

3 murgpampoentjies, oorlangs in kwarte gesny en gekap

sout en peper

2 roosmaryntakkies, gekap

2 eiers

100 ml melk

40 g parmesaankaas

’n hand vol pietersielie, gekap

1 suurlemoen

  1. Kook die penne in kokende gesoute water volgens die aanwysings op die verpakking tot net gaar.
  2. Sny intussen die snoek en verwyder die grate en vel.
  3. Gooi ’n skeut olie in ’n braaipan en braai die ui, murgpampoentjies, sout en peper 5 min. oor matige hitte terwyl jy roer.
  4. Voeg die roosmaryn en snoek by en braai nog 5 min.
  5. Klits intussen die eiers en melk saam en rasper die meeste van die parmesaankaas in.
  6. Dreineer die gaar pasta; behou ’n koppie vol van die kookvloeistof. Meng die pasta in die snoekpan in. Verwyder ’n paar sekondes van die hitte en roer ’n goeie skeut kraanwater in om dit af te koel.
  7. Giet die eiermengsel vinnig in en skud en roer saam tot verdik, syagtig en egalig bedek.
  8. Rasper ekstra parmesaankaas oor, strooi pietersielie oor en druk ’n skeut suurlemoensap oor en sit dadelik voor.

Deur Hope Malau

Foto: Jacques Stander