Genoeg vir 6 mense

Bereiding: 10 minute

Gaarmaaktyd: 20 minute

20 g botter

3 preie, gekap

4 takkies tiemie

750 ml (3 k) groenteaftreksel

1 mielie

1 aartappel, gekap

6 skelvisfilette

melk om die vis te bedek

2 lourierblare

’n hand vol vars pietersielie, gekap

1 Verhit die botter in ’n kastrol oor lae hitte, voeg die preie en tiemie by en kook 3 minute terwyl jy roer. Giet die groenteaftreksel oor die preie-mengsel.

2 Sny die pitte met ’n skerp mes van die mieliestronk af. Gooi dit en die aartappel in die kastrol en laat prut ’n kwartier.

3 Plaas die skelvis in ’n aparte pan, giet genoeg melk in om die vis te bedek en voeg die lourierblare by. Laat prut 5 minute liggies, maar oppas om die vis nie oorgaar te maak nie.

5 Gooi die lourierblare weg en skep die posjeermelk in die aftreksel-en-groente-mengsel in.

6 Skep die vissop in bakke en bedek dit met die skelvis. Bestrooi met pietersielie en sit voor.

- Hope Malau