Genoeg vir 6 mense

Bereiding: 10 minute

Gaarmaaktyd: 30 minute

1 pakkie (80 g) laksa-pasta

1 blik (410 g) klappermelk

800 ml hoender of groenteaftreksel

5 ml (1 t) paprika

300 g steurgarnale

300 g mossels in halwe skulpe

300 g skelvis, in stukke gesny

100 g calamaribuise

sout en vars gemaalde swartpeper

250 g vermicelli

30 ml (2 e) koljanderblare

Plaas die pasta, klappermelk, hoender- of groenteaftreksel en paprika in ’n kastrol en bring tot kookpunt.

Verlaag die hitte en laat prut sowat 10 minute tot geurig.

Skep die garnale, mossels, vis en calamari by die vloeistof en bring weer tot kookpunt.

Kook sowat 10 minute of tot die seekos gaar is en geur met sout en vars gemaalde swartpeper.

Voeg die vermicelli by en laat prut tot gaar.

Roer die koljanderblare by en skep in sopbakkies.