Genoeg vir 4 mense

Bereiding: 1 uur 10 min.

Gaarmaak: 11 min.

DEEG

500 ml (2 k) meel

5 ml (1 t) sout

5 ml (1 t) suiker

7 ml (1½ t) kitsgis

250 ml (1 k) louwarm water

15 ml (1 e) olie

BOLAAG

30 ml (2 e) olyfolie

1 knoffelhuisie, fyngedruk

60 ml (¼ k) tamatiepuree

5 ml (1 t) origanum, gekap, of 2 ml (½ t) droog

280 g marinara-mengsel (seekosmengsel)

6 basilieblare, geskeur

mozzarella, gerasper

  1. Deeg: Meng die meel, sout, suiker en gis met jou vingerpunte in ’n bak. Meng die water en olie. Giet in die droë bestanddele terwyl jy meng met ’n spatel.
  2. Knie die deeg sowat 5 minute met jou vingers en kneukels. Verplaas na ’n bak, bedek en laat staan ’n uur op ’n warm plek of tot die volume verdubbel het.
  3. Voorverhit die oond tot 180 °C.
  4. Bolaag: Verhit die olie, knoffel, tamatiepuree en origanum in ’n pan oor matige hitte en laat prut 3 minute terwyl jy roer. Sit eenkant.
  5. Druk die deeg plat en verdeel in vier ewe groot stukke. Rek elke stuk en maak dit plat met ’n koekroller of jou vingers.
  6. Verhit ’n groot, oondvaste pan oor hoë hitte. Laat val die plat gemaakte deegstukke in en verhit 3 minute. Kyk dat die onderkant van die brood nie brand nie.
  7. Smeer die tamatiemengsel met die agterkant van ’n lepel oor die basisse.
  8. Rangskik die marinara-mengsel en basilie bo-op en bestrooi liggies met die mozzarella. Bak 8 minute in die oond of tot die seekos gaar is.