Bereiding: 15 minute

Gaarmaaktyd: 40 minute

Genoeg vir 4-6 mense

WITSOUS

60 g botter

60 ml (¼ k) koekmeel

300 ml melk

sout en peper na smaak

10 ml (2 t) heelkorrelmosterd

3 groot aartappels, in skyfies gesny

125 ml (½ k) gerasperde cheddarkaas

SEEKOS EN RIBBETJIES

5 ml (1 t) olyfolie

15 g botter

500 g calamari-ringe

30 ml (2e) Cajun-spesery

500-600 g varkribbe

braaisous vir bedruip

Voorverhit die oond tot 180 °C.

WITSOUS

Verhit die botter en voeg die meel by. Roer sowat 2 minute of tot ’n dik pasta (roux) vorm.

Voeg die melk by en roer tot ’n dik witsous vorm.

Geur met sout en peper na smaak en roer die mosterd in.

Sit die aartappels in ’n oondbak, gooi die witsous oor en bestrooi dan met kaas. Bak 20 minute.

SEEKOS EN RIBBETJIES

Verhit die olie en botter in ’n kleefvrye pan.

Druk die calamari met ’n kombuishanddoek droog en blitsbraai dit bietjie vir bietjie ’n minuut op baie hoë hitte.

Geur met Cajun-spesery.

Geur die rib met sout en peper, sit die rib in ’n oondpan en braai dit 30 minute onbedek in die oond.

Verf die rib met die braaisous  elke 10 min en sit dit vir nog 20 minute in die oond.

Wanneer die rib gaar is, verf dit weer met die sous.

Sit die gebakte aartappel met die ribbe en calamari voor.

Volg Huisgenoot op Twitter.