GENOEG VIR 4-6 MENSE

Bereiding: 5 minute

Gaarmaaktyd: 10-15 minute

VETKOEK

1 kg gekoopte brooddeeg

olie vir diepvetbraai

SMOORTJIE

2 groot uie, gekap

15 ml (1 e) olie

5 knoffelhuisies, gekap

2 groot tamaties, gekap

15-25 ml (3-5 t) geroosterde masala

1-2 blikke (120 g elk) sardyne in tamatie en/of 4 hardgekookte eiers

25 ml (5 t) gekapte koljanderblare

  1. VETKOEK Rol die deeg in bolle en laat effens rys.
  2. Verhit die olie en braai die deegbolle in diepvet tot gaar van binne en bruin.
  3. SMOORTJiE Soteer intussen die uie in olie tot sag. Voeg die knoffel, tamaties en masala by en laat prut 5-10 minute tot ’n geurige dik sous vorm.
  4. Voeg die sardyne versigtig by en laat prut tot warm. Sprinkel die koljander oor.
  5. Sit saam met ’n raita of sambal (sien wenke) voor in die vetkoek of roti, of op brood of rys.