Genoeg vir 6 mense

Bereiding: 30 minute

Gaarmaaktyd: 35 minute

250 ml (1 k) meel

4 eiers

6 druppels vissous

250 ml (1 k) melk

30 ml (2 e) vars koljander

5 ml (1 t) vars dille

410 g (1 blik) sardyne in water

30 ml (2 e) botter

meng sojasous en heuning

Voorverhit die oond tot 180 °C.

Sif die meel in ’n bak.

Maak ’n holte in die middel van die meel.

Breek die eiers daarin en gooi die vissous in.

Gebruik ’n houtlepel en klop die eiers geleidelik by die meel in.

Klop die melk dan stadig in tot die deeg romerig en effens dik is.

Roer die koljander en dille in, bedek en laat staan vir 30 minute in die yskas.

Verf die sardyne met botter en sit eenkant.

Sit die orige botter in die pan en verhit dit vir 5 minute in die oond of tot die botter warm is.

Sit die sardyne in die warm pan en gooi die deeg in.

Sit die pan dadelik terug in die oond en bak vir 30 minute of tot goudbruin.

Bedruip met ’n mengsel van sojasous en heuning en sit voor.

- Hope Malau