Genoeg vir 4-6 mense

Bereiding: 10 minute

Gaarmaak: 35 minute

2 blikke (400 g elk) sardyne

15 ml (1 e) olie

1 ui, gekap

3 knoffelhuisies, fyngemaal

30 ml (2 e) kerriepoeier

2 wortels, gerasper

500 ml (2 k) lensies, gekook

2 snye witbrood, in 125 ml (½ k) melk geweek en dan fyngemaak

2 eiers

375 ml (1½ k) melk

sout en peper

9 lourierblare

  1. Voorverhit die oond tot 180 °C.
  2. Vlok die vis en verwyder die grate.
  3. Verhit die olie in ’n pan oor matige hitter en soteer die ui tot sag. Voeg die knoffel, kerriepoeier, wortels, lensies en geweekte brood by.
  4. Vou die vis in en skep in ’n bakskottel.
  5. Klits die eier en melk saam, geur met sout en peper en giet oor die vis. Steek lourierblare bo in en bak ’n halfuur of tot goudkleurig en geset.