Genoeg vir 6 mense

Bereiding: 10 minute

Gaarmaaktyd: 25 minute

SOUS

15 ml (1 e) olie

2 rooi brandrissies, fyngekap

1 ui, fyngekap

2 knoffelhuisies, fyngedruk

1 blik (410 g) gekapte tamaties

1 blik (410 g) tamatiepuree

5 ml (1 t) paprika

30 ml (2 e) suiker

30 ml (2 e) witwynasyn

KERRIEBROOD

1 blik (410 g) sardyne in tamatie

1 blik (410 g) bone

sout en peper

brood vir voorsit

Sous: Verhit die olie in ’n pan oor matige hitte en soteer die brandrissie, ui en knoffel 2 minute of tot die ui deurskynend is. Voeg die res van die sousbestanddele by en laat prut 10 minute.

Kerriebrood: Voeg eers die sardyne en dan die bone by die pot sous en laat prut 10 minute oor lae hitte.

Hol die binnekant van die brood uit en skep die sardyne en bone in die uitgeholde brood.

- Hope Malau