400 g blikkie Lucky Star Pilchards in Tomato Sauce

kanola-olie vir braai

1 ui, in skywe gesny

4 knoffelhuisies, fyngekap

½ rooi soetrissie, ontpit en gesny

2 groot, vars rooi brandrissies, ontpit en in dun skywe gesny

½ x 400 g blikkie nierboontjies

gemaalde swartpeper

60 ml (4 eetlepels) fyngekapte vars koljander of pietersielie

225 g bakkie gladde maaskaas (vetvry)

4 x lae GI-wraps (volgraan)

  1. Dreineer die sardyne en hou die sous.
  2. Verhit die olie in ’n vlak kastrol of roerbraaipan (wok) en braai die ui en knoffel tot effens goudbruin.
  3. Voeg die rooi soetrissie en brandrissies by en braai vir 1 tot 2 minute. Voeg die boontjies en sardyne by, roer deeglik en verhit goed deur. Geur met swartpeper. Haal van die hitte af en roer die koljander of pietersielie by.
  4. Meng die oorblywende tamatiesous van die sardyne met die maaskaas.
  5. Lê die wraps op ’n houtbord uit, sit ’n skeppie maaskaas daarop en stapel die warm sardyne bo-op.
  6. Rol op en sit dadelik voor.

Bedien 4

Wenke

  • Vir ’n pikante skop, verruil die Lucky Star Pilchards in Tomato Sauce vir Pilchards in Hot Chilli.
  • Sit saam met guacamole voor vir ’n Meksikaanse geur.
  • Pas die hoeveelheid brandrissie aan na gelang van jou smaakvoorkeur.
  • Pak die wrap en die vulsel afsonderlik in en neem werk of skool toe vir die perfekte en vinnige doen-dit-self-middagete.