GENOEG VIR 4-6 MENSE

Bereiding: 5 min.

Gaarmaak: 15 min.

30 ml (2 e) olyfolie

½ rooi-ui, fyn gekap

1 knoffelhuisie, fyngedruk

60 ml (¼ k) hoenderaftreksel

250 ml (1 k) lensies, gedreineer

2 groot tamaties, fyn gekap

2 lourierblare

sout en vars gemaalde swartpeper

2 blikke (120 g elk) sardiens

’n hand vol pietersielie, gekap

ciabatta

1. Verhit die olie in ’n groot braaipan oor matige hitte. Voeg die ui en knoffel by en braai 5 min. of tot sag. Voeg die aftreksel, lensies, tamaties en lourierblare by en geur met die sout en vars gemaalde peper. Laat prut 10 min. oor lae hitte terwyl jy af en toe roer tot verdik.

2. Dreineer die sardiens op kombuispapier en plaas op ’n bord. Skep die sous oor, strooi die pietersielie oor en sit voor saam met die ciabatta en suurlemoenwiggies.

Deur Hope Malau

Foto’s: Jacques Stander