Maak die vleiskoekie met salm en roer sommer ook bietjie groente by. Maak ’n avokadosous daarby asook oondgebraaide patatskyfies.

Bereiding: 30 min

Gaarmaaktyd: 20 min

Lewer 12 viskoekies van 100 g elk

Breinkos-bestanddele: Salm, slaaiblare en ertjies, volgrane

VISKOEKIE

1 ui, fyn gekap

4 knoffelhuisies, fyngedruk

2 blikke (415 g elk) salm, gedreineer

sap en skil van 2-4 suurlemoene

10 ml (2 t) Dijon-mosterd

1 groen soetrissie, fyn gekap

250 ml (1 k) ertjies, vars of bevrore

2 eiers, geklits

250 ml (1 k) vars broodkrummels

125 ml (½ k) vars kruie

15 ml (1 e) sojasous

sout en peper na smaak

ekstra broodkrummels om in te rol

AVOKADOSOUS

2 avokado’s, geskil en ontpit

250 ml (1 k) jogurt

60 ml (¼ k) vars kruie

sap en skil van 1 suurlemoen

1 tamatie, ontvel en fyn gekap

2 knoffelhuisies, fyngedruk

1 klein ui, fyn gekap

sout en peper na smaak

BURGER

12 lae-GI-broodrolletjies, gehalveer

12 groot Cos-slaaiblare

1 rooi ui, in ringe gesny

1-2 groot tamaties, in skywe gesny

Voorverhit die oond tot 180 °C.

VISKOEKIE

Soteer die ui en knoffel, voeg die res van die bestanddele by en meng goed. Vorm plat vleiskoekies van sowat 100 g elk en rol in ekstra broodkrummels.

Plaas op ’n gesmeerde bakplaat en laat rus in die yskas vir minstens 20 minute. Bak sowat 20 minute in die oond tot goudbruin en gaar.

AVOKADOSOUS

Meng al die bestanddele in ’n voedselverwerker tot fyn en hou eenkant.

BURGER

Plaas ’n slaaiblaar, skyfies ui, tamatie en ’n viskoekie op die brood. Herhaal met die res van die broodrolletjies en bestanddele.

Sit voor met ’n skeppie avokadosous en patatskyfies.

Volg Huisgenoot op Twitter.

Huisgenoot, 14 Januarie 2010.