Genoeg vir 4 mense

Bereiding: 15 min.

Gaarmaak: 35-40 min.

ROOSTERKOEKE

1 kg winkelbrooddeeg

250 ml (1 k) meel

60 ml (¼ k) appelkooskonfyt

100 g gerasperde

cheddarkaas

SNOEK

700 g liggerookte snoek

sout en vars gemaalde peper

2 knoffelhuisies, fyngedruk

30 ml (2 e) olyfolie

Voorverhit die oond tot 180 °C. Bedek ’n groot bakplaat met tinfoelie en bespuit met kossproei.

  1. Roosterkoeke Breek die deeg in 8 balle. Skroei die balle effens in ’n riffelpan op ’n stoofplaat. Sprinkel die helfte
  2. van die meel op ’n bakplaat. Pak die balle daarop en sprinkel die res van die meel bo-oor en tussenin. Oondbak 35-40 min. of tot gaar.
  3. Snoek Verhoog die oondtemperatuur tot 200 °C. Sit die snoek met die vleiskant na bo op die bereide bakplaat. Geur met die sout en peper en sprinkel die knoffel oor. Smeer met die olyfolie.
  4. Rooster 15-20 min. of tot gaar in die oond. Vlok rofweg en verwyder die grate.
  5. Sny die roosterkoeke oop en smeer met die konfyt, pak van die snoek op en sprinkel die kaas oor.

WENK Maak ’n vinnige snoekpatee met gevlokte oorskietsnoek. Roer roomkaas of geroomde maaskaas deur die vis en geur dit met suurlemoensap, sout en peper.