Foto & Stilering deur C&D Heierli Photo.

Bestanddele

  • 1 x 85 g blikkie Lucky Star Smoked Mussels , gedreineer
  • 5 snye volgraanbrood
  • 1 avokado
  • ½ rooi brandrissie, gekap
  • skil en sap van ’n ½ suurlemoen
  • 15 ml (1 eetlepel) fyngekapte pietersielie
  • varsgemaalde swartpeper

Metode

  1. Sny die korsies van die brood af. Rol die snye brood met ’n deegroller plat. Sny in driehoeke en sit eenkant.
  2. Druk die avokado saam met die suurlemoenskil en -sap, brandrissie en pietersielie fyn en geur met peper.
  3. Voorverhit die oondrooster. Plaas die driehoekies op ’n bakplaat en rooster tot goudbruin en bros.
  4. Skep ’n bietjie van die avokadomengsel op elke driehoekie en sit twee gerookte mossels bo-op. Sit dadelik voor.

Genoeg vir 10

Notas van die kok:

  • Hierdie resep werk perfek vir ’n groot groep. ’n Paar blikkies Lucky Star Smoked Mussels kan tot en met 20 gaste voed.
  • Vir ’n koringvrye alternatief, gebruik eerder 100% rogbrood in plaas van volgraan.
  • Jy kan die avokadomengsel tot 3 dae vooruit voorberei. Hou in die yskas.