Maak 8 happies. Staantyd: 1 uur. Bereiding: 10 min. Gaarmaaktyd: 10 min.

MARINADE: 90 ml (6 t) soet brandrissiesous; sap en skil van een suurlemoen; 20 g gekapte koljanderblare; 1 knoffelhuisie, gekneus; sout en vars gemaalde swartpeper. GARNAALSTOKKIES: 8 steurgarnale, ontdop, maar behou die stertjies; 20 ml olyfolie om steurgarnale in te braai; 16 papajablokkies (2 cm x 2 cm elk); 8 mini-bamboes-sosatiestokkies; jong beetblare; soet brandrissiesous vir opdiening. METODE VIR MARINADE: Meng al die bestanddele en marineer die steurgarnale minstens ’n uur daarin. METODE VIR GARNAALSTOKKIES: Braai die garnale in die olie tot net gaar. Steek ’n blokkie papaja aan ’n sosatiestokkie, gevolg deur ’n steurgarnaal en nog ’n blokkie papaja. Herhaal die volgorde met die res van die bestanddele. Sit voor in klein bakkies op beetblare met soet brandrissiesous.