Genoeg vir 4-6 mense

Bereiding: 20 minute

Gaarmaaktyd: 10-15 minute

VIS

2 groot reënboogforel-filette (840 g altesaam), ontgraat

pienk sout

pienk peperkorrels

sap van 2 lemmetjies

VULSEL

skil van 2 lemmetjies

bossie grasuie, 45 ml (3 e) daarvan gekap

100 g amandels of pistachioneute, gerooster

200 g bokmelkkaas of kruieroomkaasrol

AFRONDING

olie vir diepvetbraai

vars gemmer, in dun repe gesny

stingeluie, in dun repe gesny

’n paar vars koljanderblare

ekstra pienk sout en peper en

lemmetjies vir voorsit

Voorverhit die oond tot 230 °C.

1

1. Verwyder enige klein graatjies met ’n tangetjie uit die filette. Maal die pienk sout en peper oor. Geur met die lemmetjiesap. Hou eenkant.

2

2. Meng die lemmetjieskil, grasuie, amandels of neute en kaas. Plaas 1 filet met die velkant na onder op ’n plank. Smeer die vulsel op en rangskik die grasuie bo-op.

3

3. Plaas die ander filet bo-op, met die velkant na bo. Bind met tou vas.

4

4. Giet ’n bietjie olie in ’n oondvaste pan en braai die vis vinnig op die stoof tot die onderste vel bros is. Plaas op ’n hoë oondrak en oondbraai tot net gaar, sowat 5-10 minute.

5

5. Verhit die olie in ’n kastrol en diepvetbraai die gemmer en van die stingeluie bros (hou ’n paar vars). Dreineer op kombuispapier.

6

6. Voorsit Plaas die vis op ’n groot opdienbord, verwyder die tou en stapel die gebraaide gemmer en stingeluie, koljanderblare en vars stingeluie bo-op. Sit voor met grof gemaalde pienk sout en peper en lemmetjieskyfies.