Genoeg vir 4 mense

Bereiding: 15 minute

Gaarmaaktyd: 5 minute

VULSEL

1 blik (187 g) tuna in water, gedreineer

1 rooi of groen soetrissie, ontpit en in klein repies gesny

125 ml (½ k) natuurlike jogurt

5-10 ml (1-2 t) laevet-slaaiolie

30-45 ml (2-3 e) elk gekapte pietersielie en knoffelgrasui

15 ml (1 e) Dijonmosterd

15 ml (1 e) rooiwynasyn

knippie bruinsuiker

sout en swartpeper na smaak

OM VOOR TE SIT

4 heelgraan-pitabrode, in die lengte gehalveer

30 g roketblare

4 skywe tamatie

Voorverhit die oond tot 180 °C.

  1. VULSEL Meng al die bestanddele (tot by die sout en peper) saam en geur goed.
  2. OM VOOR TE SIT Verhit die pitabrode in die oond tot dit mooi uitgepof is.
  3. Vul die brode met die tunamengsel of sit apart voor met roketblare en tamatieskywe.