SALSA

1 klein papino, geskil en in blokkies

gesny

8 aarbeie, in blokkies gesny

5 stingeluie, grof gekap

20 ml vars koljander, grof gekap

1 klein brandrissie, pitte verwyder en fyn gekap (opsioneel)

10 ml olyfolie

15 vars suurlemoensap

sout en vars gemaalde swartpeper

VISPAKKIES

4 volgraan-pitabroodjies

200 g gerookte makriel, gevlok

1 avokado, geskil en in skyfies gesny

60 ml suurroom of ongegeurde jogurt

SALSA

Meng al die salsabestanddele en hou eenkant.

VISPAKKIES

Braai die pitas in ’n warm, droë pan tot bruin en uitgepof (’n riffelpan gee ’n mooi effek).

Sny die pitas oop en plaas die makriel en avokado binne-in.

Skep die salsa in en skep ’n lepel suurroom of jogurt oor.

WENK: Die brandrissie kan uitgelaat word as jy nie van sterk kos hou nie. Gebruik gaar hoenderlewertjies wat ryk aan yster is pleks van die makriel as jy nie ’n viseter is nie.