Lewer 15

Bereiding: 10 min.

Gaarmaak: 10 min.

500 g witvis (stokvis of geelstert)

60 ml (¼ k) rooikerriepasta

2 eiers, geklits

10 ml (2 t) bruinsuiker

’n knippie sout

15 ml (1 e) meel

60 ml (¼ k) broodkrummels

’n hand vol koljander, fyn gekap

100 g groenbone, fyn gekap

4 sprietuie, in skywe gesny

2 rooi brandrissies, ontsaad en gekap

sout en peper

olie vir diepbraai

  1. Plaas die vis in ’n groot mengbak en voeg die kerriepasta, eiers, suiker, sout en meel by. Meng tot al die bestanddele goed gemeng is. Voeg die broodkrummels by en meng deur.
  2. Roer die koljander, bone, sprietuie en brandrissies in. Geur, bedek en verkoel 20 min. in die koelkas.
  3. Rol die mengsel met nat hande in 15 ewe groot balle. Plaas die balle op ’n oppervlak wat met meel bestrooi is en druk plat.
  4. Verhit die olie in ’n braaipan tot baie warm en braai die viskoekies 5 min. of tot goudbruin weerskante.
  5. Sit voor met fyn aartappel.

Deur Hope Malau

Foto: Megan Miller