Bereiding: 15 minute

Gaarmaaktyd: 15 minute

Genoeg vir 4-6 mense

4-6 porsies snoek

30 ml (2 e) vismasala

sout en peper

500 ml (2 k) bulgurkoring, gekook

30 g koljander, gekap

30 ml (2 e) droë brandrissievlokkies

45 ml (3 e) sonneblomolie, vir braai

SLAAISOUS

45 ml (3 e) suurlemoensap

45 ml (3 e) olyfolie

sout en peper

Geur die vis met die masala en sout en peper en verkoel dit 20 minute.

Plaas die bulgur in ’n groot slaaibak en voeg die koljander, brandrissievlokkies en slaaisous by.

Meng goed en verkoel tot jy dit voorsit.

Verhit die olie en vlakbraai die vis tot gaar.

Sit die vis koud of warm voor saam met die bulgurslaai.

- Carmen Hendricks en Nolin Daniels