Genoeg vir 4 mense

Bereiding: 10 min.

Gaarmaak: 15 min.

15 ml (1 e) olyfolie

400 g visporsies

30 ml (2 e) suurlemoen-kruiepeper

SLAAISOUS

45 ml (3 e) olyfolie

15-30 ml (1-2 e) suurlemoensap

sout en vars gemaalde peper

SLAAI

60 ml (¼ k) sonneblomsaad

300 g wortel-en-koolmengsel

hand vol babaspinasieblare

100 g beet, skoongeskrop en in juliennestokkies gesny

2 wiele fetakaas, grof gekrummel

Voorverhit die oond tot 200 °C. Smeer ’n bakplaat liggies met van die olyfolie.

  1. Geur die vis met die suurlemoenpeper. Pak op die voorbereide bakplaat en drup die olyfolie oor. Rooster 15 min. of tot gaar.
  2. Slaaisous Klits die olyfolie en suurlemoensap saam (giet die sap by na smaak) en geur met die sout en peper.
  3. Slaai Verhit ’n pan en rooster die sonneblomsaad tot dit net begin verkleur. Hou eenkant en laat afkoel.
  4. Meng al die slaaibestanddele, giet die slaaisous oor, meng liggies deur en sit voor saam met die vis.