Lewer: 4 - 6

Bereidingstyd: 10 minute

Gaarmaaktyd: 20 minute

250 g penne-pasta

30 g botter

4 ontbeende hoenderborsies

5 ml (1 t) Cajun-spesery

1 rooi ui, gesny

2 wortels, gekap

250 g sampioene

½ rooirissie, in blokkies gesny

15 ml (1 T) meelblom

250 ml (1 k) hoenderaftreksel

125 ml (½ k) Cheddarkaas, gerasper

Sout en peper

150 g spinasie, gekap

1.    Kook pasta in kookwater volgens die instruksies op die pakkie. Dreineer en spoel af met water. Sit eenkant.

2.    Smelt die botter oor mediumhitte in ’n pan. Voeg die hoender by en geur met Cajun-spesery, kook vir 2 minute. Voeg dan ui, wortel, sampioene en rooi rissie by. Kook vir nog 2 minute.

3.    Roer die meel in tot deeglik gemeng en giet die aftreksel oor. Roer tot effens dik of vir 10 minute. Voeg die kaas by en geur met sout en peper.

4.    Meng die pasta en spinasie daarby en kook tot die spinasie verlep is.

- Hope Malau