Voorbereiding: 20 minute

Gaarmaaktyd: 15-20 minute

Genoeg vir 4 mense

SAMPIOENE

15 ml (1 e) sesamolie

30 ml (2 e) canola-olie

2 knoffelhuisies, fyn gedruk

15 ml (1 e) vars gemmer, gerasper

2 preie, in dun ringe gesny

200 g baba-knopiesampioene

5 ml (1 t) vis- of oestersous

10-15 ml (2-3 t) sojasous

5 ml (1 t) suiker

hand vol gekapte koljanderblare

VIS

4 porsies van 180 g elk salm of reënboogforel

olie om in te braai

’n paar druppels rysasyn

sout

vars aspersies, gaar gestoom vir voorsit

SAMPIOENE

Verhit die olie in ’n pan en roerbraai die knoffel, gemmer en preie daarin tot sag.

Voeg die sampioene by en roerbraai tot effe bruin.

Voeg die vis- en sojasous en die suiker by en meng deur. Sprinkel die koljander oor.

VIS

Verhit olie in ’n pan en plaas ’n visporsie met die velkant na onder in die pan. Braai tot die velletjie effe bros is.

Draai die porsies vis om, bedek en stoombraai tot net gaar.

Besprinkel met ’n paar druppels rysasyn en sout terwyl dit braai. Sit voor met aspersies en sampioene.

Variasie Jy kan ook kabeljou, geelbek of bottervis gebruik.

BEDIEN

Met vars, gestoomde aspersies. Plaas dit op die bord en bedek met vis en sampioene

WENK: Reënboogforel is gedeeltelik ’n varswatervis met ’n oranje kleur nes salm. Sy vel is glibberig glad. As jy dit wil ontvel, gaan soos volg te werk: Vryf die vel met sout om vatplek te kry, maak ’n snit by die stert en trek die vel dan met ’n tangetjie af.

Volg Huisgenoot op Twitter.