SAMPIOENE

15 ml (1 e) sesamolie

30 ml (2 e) canola-olie

2 knoffelhuisies, fyn gedruk

15 ml (1 e) vars gemmer, gerasper

2 preie, in dun ringe gesny

200 g baba-knopiesampioene

5 ml (1 t) vis- of oestersous

10-15 ml (2-3 t) sojasous

5 ml (1 t) suiker

hand vol gekapte koljanderblare

VIS

4 porsies van 180 g elk salm of reënboogforel

sout

olie om in te braai

’n paar druppels rysasyn

vars aspersies, gaar gestoom vir voorsit

SAMPIOENE 

Verhit die olie in ’n pan en roerbraai die knoffel, gemmer en preie daarin tot sag. Voeg die baba-knopiesampioene

by en roerbraai tot effe bruin. Voeg die vis- en sojasous en die suiker by en meng deur. Sprinkel die koljanderblare

oor.

VIS

Verhit olie in ’n pan en plaas ’n visporsie met die velkant na onder in die pan. Braai tot die velletjie effe bros is. Draai die porsies vis om, bedek en stoombraai tot net gaar. Besprinkel met ’n paar druppels rysasyn en sout terwyl dit braai. Sit voor met aspersies en sampioene.

VARIASIE 

Jy kan ook kabeljou, geelbek of bottervis gebruik. Andersins is stokvismote (met vel aan) ook ’n goeie opsie. Geur dan 60 ml koekmeel met 30 ml Chinese vyfspesery-poeier en rol die vis daarin voor jy dit braai.