Hierdie eenvoudige en vinnige maaltyd is wonderlik vir ’n weekaand.

GENOEG VIR 6 MENSE

Bereiding: 5 min.

Gaarmaak: 30 min.

15 ml (1 e) olyfolie

1 ui, in skywe gesny

200 g hoenderwors

5 ml (1 t) borrie

500 ml (2 k) rys

1 L hoenderaftreksel

100 g bevrore ertjies

100 g bevrore mossels

100 g steurgarnale, skoongemaak

1. Verhit die olie in ’n diep braaipan en versag die ui in die pan. Voeg die wors by en braai tot verbruin. Roer die borrie en rys in tot die rys met die olie bedek is en giet die aftreksel in. Bring tot kookpunt en laat prut 15 min. terwyl jy af en toe roer.

2. Voeg die ertjies by en kook 5 min. Roer die seekos in en maak 3 min. deurwarm. Proe of dit geursel kort en sit dadelik voor.

Deur Hope Malau

Foto’s: Megan Miller