“As daar een ding is wat die saamstel van hierdie boek deur en deur die moeite werd maak, is dit dat ek uiteindelik my ma se viskoekieresep op papier het,” vertel Anita.

“Die heel lekkerste vis om te gebruik is die oorskietvis van maaltye waar gebakte of gebraaide vis voorgesit is. En dit kan maar meer as een soort vis wees. My ma vries die oorskiet tot sy genoeg vis het vir ’n baksel viskoekies.”

Lewer 16 viskoekies

Bereiding: sowat 20 minute

Gaarmaaktyd: 10-15 minute

750 g gaar stokvis, gevlok

1 ui, grof gerasper

45 ml (3 e) vars of 30 ml (2 e) droë pietersielie

6 snye Sasko-heuning-en-hawermoutbrood,in melk geweek en melk uitgedruk

’n knippie sout

1 ml (¼ t) witpeper

1 ml (¼ t) fyn naeltjies

1 ml (¼ t) fyn koljander

2 eiers, geklits

15 ml (1 e) bruinasyn

sonneblomolie om in te bak

kapokaartappels en ertjies

1 Meng al die bestanddele in ’n mengbak. Dit is ’n losserige mengsel.

2 Verhit genoeg olie vir vlakbraai in ’n elektriese braaipan wat op medium hitte gestel is.

3 Rol die vismengsel in balletjies en druk plat.

4 Bak die viskoekies 5 minute aan die een kant, draai dit om en bak nog 5 minute aan die ander kant.

5 Plaas die koekies op handdoekpapier om die ergste olie te absorbeer.

6 Sit voor saam met kapokaartappels en ertjies.

Volg Huisgenoot op Twitter.