Lewer 12 koekies

Bereidingstyd: 10 minute

Verkoeltyd: 1 uur

Gaarmaaktyd: 15 minute

500 g stokvisfilette

20 g pikantrissies of ½ rooi soetrissie

2 rooi brandrissies, gekap

30 ml (2 e) vars koljander

3 knoffelhuisies, gekap

15 ml (1 e) vissous

60 ml (¼ k) klappermelk

1 eier

45 ml (3 e) olie

fyngemaakte ertjies vir voorsit

1 Sny die vis in kleiner stukke en plaas dit saam met die pikantrissies of rooi soetrissie, brandrissies, koljander, knoffel en vissous in ’n voedselverwerker. Verwerk tot fyn. Roer die klappermelk en eier in. Verkoel 1 uur in die yskas.

2 Vorm die viskoekiemengsel in klein koekies.

3 Verhit die olie in ’n braaipan oor matige hitte. Braai die viskoekies klompie vir klompie tot bros en bruin. Skep met ’n gaatjieslepel uit en dreineer op papierhanddoek.

4 Sit saam met die ertjies voor as ’n ligte maaltyd.

- Hope Malau