Genoeg vir 4-6 mense

30 ml sesamsaadolie

3 knoffelhuisies

5 cm vars gemmer, geskil en in dun skywe gesny

1-3 brandrissies, grof gekap

1 suurlemoengras, grof gekap

100 g kasjoeneute, grof gekap

2 L visaftreksel (of hoender)

10 steurgarnale (kop en dop aan)

200 g visfilette, in stukke gesny

handvol koljanderblare

paar druppels vissous

sout en vars gemaalde swartpeper

100 g rysnoedels

Verhit die olie en braai die knoffel, gemmer, brandrissies en suurlemoengras ’n paar minute.

Roer die neute by en braai tot geurig.

Bring die visaftreksel tot kookpunt in ’n groot kastrol en roer die res van die bestanddele behalwe die rysnoedels by.

Kook tot die steurgarnale verkleur het en geur na smaak.

Roer die rysnoedels by en laat prut tot gaar. Sit voor saam met ekstra koljanderblare en brandrissie.

Wenk: Die rysnoedels absorbeer baie van die vloeistof; moenie te veel ingooi nie. Alternatiewelik kan jy dit opkook; deel dit tussen sopbakkies en giet die sop oor.