Wat dié gereg van mosselgeregte van oor die wêreld onderskei, is dat dit in Brasilië soet en suur geure van klappermelk en lemmetjiesap kry.

Genoeg vir 4 mense

Bereiding: 10 min.

Gaarmaak: sowat 7 min.

1 kg mossels in die skulp (kan bevrore wees)

200 g uie, gekap

1 blik (400 g) gekapte tamaties

6 takkies vars koljander

3 knoffelhuisies, fyn gekap

sap van 2 lemmetjies

200 ml klappermelk

100 ml olie

sout en peper

  1. Plaas die mossels in ’n pot saam met die res van die bestanddele.
  2. Plaas die deksel op die pot en kook op warm hitte tot die mossels oopgaan – sowat 5-7 min.
  3. Geniet saam met witrys.