Genoeg vir 4-6 mense

Bereidingstyd: 15 minute

Gaarmaaktyd: 15 minute

500 g mossels, skoongemaak

250 ml (1 k) witwyn

1 ui, gekap

10 ml (2 t) visspesery

40 g botter

4 knoffelhuisies, gekap

45 ml (3 e) meel

375 ml (1½ k) melk

125 ml (½ k) room

30 ml (2 e) suurlemoensap

sout en vars gemaalde swartpeper

hand vol koljander, gekap

1    Plaas die mossels, wyn, ui en visspesery in ’n middelslagpot, bedek en kook 5 minute oor matige hitte of tot die mossels oopgaan. Gooi enige mossels weg wat nie oopgaan nie.

2    Smelt die botter in ’n groot kastrol oor matige hitte, roer die knoffel en meel in en kook 2 minute terwyl jy roer om ’n pasta te vorm.

3    Giet die warm mosselvloeistof en melk in en roer vinnig met ’n eierklitser tot glad. Laat prut 5 minute.

4    Voeg die room, suurlemoensap, sout, peper en koljander by. Wanneer goed gemeng, voeg die mossels by en sit voor.

- Hope Malau