Hier is een van die twee ander resepte uit vandeesweek se episode van Jy het ’n Wenresep! op VIA (DStv-kanaal 147). Kry hierdie week se wenresep in die jongste uitgawe van Huisgenoot (9 Februarie 2017).

Mosselpasta

wenresep s4e5yolandiyolandaangela

Yolandi Erasmus van Kaapstad bederf haar kinders graag met die mosselpasta.

Genoeg vir 4 mense

Bereiding 10 min

Gaarmaak 15 min

1 rooi ui, gekap

1—2 knoffelhuisies, fyngedruk

1 groen soetrissie, in stukkies gesny

botter

250 g knopiesampioene, in stukkies gesny

250 g spekvleis, gekap

500 g bevrore ontdopte mossels (nie geblik)

500 g volgraan-spaghetti, gekook volgens aanwysings op pak

250 ml (1 k) room

Gerasperde kaas na goeddunke

Verhit die oond tot op 180°C.

1 Braai die uie en knoffel in bietjie botter tot sag. Voeg die soetrissie by en braai tot sag.

2 Sodra uie bruin gebraai is, voeg die sampioene by. Moenie die sampioene te sag braai nie.

3 Voeg die spekvleis by en braai tot gaar.

4 Voeg die mossels by en prut so 2 minute.

5 Meng die mosselmengsel met die spaghetti en skep in ‘n oondvaste bak.

6 Voeg die room by. Bak vir 5 min in die oond.

7 Strooi die gerasperde kaas oor die mengsel en bak vir ’n verdere 5 min tot die kaas gesmelt het. Sit dadelik voor.

WENK:

Kyk Jy het ’n Wenresep! elke Woensdag om 18:30 op VIA (DStv-kanaal 147).

wenresep-logo-high-res

Hierdie resepte is geskryf soos ontvang van die deelnemers en nie in die Wenreseptekombuis getoets vir korrektheid nie.