Bedien 4 mense

Bestanddele

75 g bokmelkkaas (rolletjie)

1 rooi ui, in skywe gesny

1 eetlepel botter

½ rolletjie winkel-skilferkorsdeeg

1 eetlepel bruinsuiker

’n Paar takkies tiemie

85 g blikkie Lucky Star Smoked Mussels

1 eetlepel melk

Metode

  1. Begin deur die gekaramelliseerde uie te maak: voeg die uie saam met die botter in ’n klein kastrolletjie oor matige hitte.
  2. Voeg die suiker by en kook tot sag en klewerig; ongeveer 10 minute.
  3. Lê intussen jou skilferkorsdeeg op ’n meelbestrooide oppervlak uit. Sny sirkels daaruit, so groot soos jy verkies, en plaas die sirkels op ’n uitgevoerde bakplaat.
  4. Sny die bokmelkkaas in sirkels. Smeer die gekaramelliseerde uie eweredig op die deeg. Plaas die bokmelkkaas bo-op die uie en rond af met Lucky Star Smoked Mussels en vars tiemie.
  5. Geur die tertjies en smeer die rante van die deeg met melk. Bak vir ongeveer 25 minute teen 180 °C totdat die deeg oppof.
  6. Sit warm voor.