Genoeg vir 4

Bereiding: 10 minute

Gaarmaaktyd: 20 minute

750 ml (3 k) kookwater

sout en peper

250 g rosmarino-pasta (sien nota)

1 blik (400 g) heel tamaties

2 knoffelhuisies, fyngekap

5 ml (1 t) bruinsuiker

15 ml (1 t) gedroogde gemengde kruie

1 suurlemoensap

125 ml (½ k) hoenderaftreksel

15 ml (1 t) tamatiepasta

4 x 150 g stokvisfillette

Vars basiliekruid, gekap, om te bedien

  1. Gooi die kookwater in ’n mikrogolfvaste bak, geur met sout, voeg die pasta by en bedek met kleefplastiek. Plaas agt minute in mikrogolf. Roer en dreineer.
  2. Meng die tamaties, knoffel, suiker, gemengde kruie, suurlemoensap, hoenderaftreksel en tamatiepasta in ’n aparte mikrogolfvaste bak, bedek en plaas vyf minute in mikrogolf. Geur met sout en peper.
  3. Geur die vis met sout en peper op ’n plat bord. Mikrogolf 4 minute of tot gaar.
  4. Meng die vis met tamatiesous en sit voor saam met pasta. Garneer met gekapte basielkruid.

NOTA: Rosmarinopasta lyk soos ryskorrels