Genoeg vir 4 mense

Bereiding: 15 minute

Gaarmaaktyd: 20 minute

2 uie, in ringe gesny

8 baba-aartappels, gehalveer

½ groen soetrissie, in repe gesny

45 ml (3 e) olie

4 ryp tamaties, ontvel en grof gekap

10 ml (2 t) suiker

1 lourierblaar

1 ml (¼ t) neutmuskaat

sout en varsgemaalde swartpeper

500 g gerookte of gaar snoek, grate verwyder en gevlok

  1. Plaas die ui, aartappels, soetrissie en olie in ’n mikrogolfvaste glasbak en bedek liggies met kleefplastiek. Mikrogolf 6- 8 minute. Roer twee maal deur.
  2. Voeg die tamaties, suiker, lourierblaar en neutmuskaat by en meng goed.
  3. Geur met sout en peper en mikrogolf nog 8 minute of tot die aartappels sag is. Roer een keer deur.
  4. Roer die snoek by en mikrogolf nog 1-2 minute of tot warm. Sit voor saam met roosterbrood of rys.