Bestanddele

  1. 1 x 425 g blikkie Lucky Star Middlecut
  2. ½ teelepel sout
  3. ? teelepel witpeper
  4. 1 ½ eetlepels sojasous
  5. 2 eetlepels olie
  6. 1 eetlepel sesamolie
  7. 1 eetlepel vars gemmer, fyngekap
  8. ¾ koppie sprietuie, wit én groen dele, fyngekap
  9. 16 ronde kluitjie-velletjies
  10. Sout en peper

Vir die sous

  • 6 eetlepels vissous
  • 6 eetlepels soet-brandrissiesous
  • 2 eetlepels suurlemoensap
  • 2 eetlepels bruinsuiker
  • 2 eetlepels witwynasyn
  • 1 rooi brandrissie, fyngekap
  • 2 teelepels vars gemmer, gemaal
  • 4 teelepels vars koljander, fyngekap

Metode

  1. Kombineer die vis, sout, witpeper, sojasous, olie en sesamolie in ’n klein mengbakkie.
  2. Meng goed saam en plaas dan die vis- en geurmengsel in ’n voedselverwerker. Pulseer tot ’n smeer vorm.
  3. Meng die gemmer en sprietuie daarby. Laat die geure ontwikkel deur die mengsel in kleefplastiek toe te draai. Sit eenkant vir 30 minute.
  4. Voer ’n bakplaat met gesmeerde bakpapier uit.
  5. Maak jou hand effens bak en hou ’n kluitjie-velletjie daarin. Skep ongeveer 1 eetlepel van die vulsel net langs die middel van die velletjie.. Vou die kante toe en druk om die vulsel binne te seël en ’n halfmaan te vorm. Druk die rante van die kluitjie met ’n vurk om plooie te vorm.
  6. Plaas die kluitjie op die bakplaat en herhaal die proses met die oorblywende kluitjie-velletjies en -vulsel.
  7. Stoom die kluitjies oor kookwater vir ongeveer 8 minute of tot effens opgepof en deurskynend.
  8. Terwyl die kluitjies stoom, maak die doopsous deur al die bestanddele saam te voeg en goed te meng.
  9. Sit die kluitjies dadelik met die doopsous voor wanneer dit gaar is.

Bedien

Maak 32 kluitjies