Genoeg vir 4 mense

Gaarmaak: 15 min.

Bereiding: 5 min. 

50 g botter

1 ui, gekap

1 groen soetrissie, gekap

1 groen brandrissie, gekap

5 ml (1 t) borrie

10 ml (2 t) komynsaad

10 ml (2 t) garam-masala

400 g mossels

250 ml (1 k) room

sout en peper

  1. Verhit die botter in ’n pan en soteer die ui tot deurskynend.
  2. Voeg die groen soetrissie, brandrissie, borrie, komyn en masala by en kook 5 minute.
  3. Voeg die mossels en room by. Laat prut 5 minute en geur met sout en peper. Sit voor met korserige brood.

Deur Hope Malau