LEWER 1 TERT VAN 20 CM

Bereiding: 10 minute

Baktyd: 35 minute

2 eiers, effens geklits

5 ml (1 t) worcestersous

1 blikkie (170 g) tuna in pekelwater, gedreineer

1 klein ui, gekap

45 ml (3 e) koekmeel

5 ml (1 t) bakpoeier

250 ml (1 k) gerasperde cheddarkaas

250 ml (1 k) melk

Voorverhit die oond tot 180 °C. Smeer ’n pasteibak van 20 cm.

  1. Plaas al die bestanddele in ’n bak. Hou ’n bietjie kaas eenkant om bo-oor te sprinkel.
  2. Meng goed en skep in die gesmeerde bak. Sprinkel die orige kaas oor. Bak 35 minute tot gestol en goudkleurig.
  3. Sit warm of koud voor.